Ou sagteware

Elke nou en dan struikel ons oor prokureursfirma met ou sagteware. 

Regsparkyk is dinamies. Prokureursfirmas se trust-rekeninge vereis gespesialiseerde kennis en gesofistikeerde sagteware om akkuraat te onderskei tussen trust en besigheid. 

Handstelsels 
Die byhou van boeke per hand, of selfs in 'n produk soos Excel is 'n reuse risiko.  Hierdie soort stelsels is nie akkuraat nie en is deurlopend onderhewig aan ongekontroleerde regstellings - genoeg om enige ouditeur 'n hartaanval te gee!


Verourderde sagteware
Prokureurspraktyk kan vir jare lank stabiel wees en dan in 'n oogwink verander.  Daar is baie redes voor, soos die inwerkingtrede van 'n nuwe Hof, of Aktekantoor.  Dan weer gebeur iets soos die vehoging in BTW wat alle industrië raak.  Hierdie BTW wysiging (sien elders vir meer inligting oor die 15% verhoging op 1 April 2015), gaan wye impak hê.

Prokureursfirma op ou sagteware gaan waarskynlik die swaarste kry.

Wat presies is "ou" sagteware?  Party sagteware installasies bestaan al twintig jaar of meer, maar kan op datum wees, weens deurlopende opgraderings van 'n gevestigde sagteware huis wat deurlopend sagteware in stand hou en vrystel.

Maar, dit beteken nie dat alle prokureurs wie sagteware het, noodwendig die mees onlangse weergawe gebruik nie.

Daar is baie redes voor.  Sommige firmas het sagteware aangekoop en nooit weer opgradeer nie.  Nie alle sagteware lisensies sluit opgraderings in nie

Ander firmas gebruik produkte wat in onbruik verval het.  Daar is 'n lang lys van boekhou stelsels wat nie meer bestaan nie.  Voorbeelde hiervan sluit onder andere die volgende in
  • Thoroughbred van die voormalige Legal Computer Systems
  • Mirror Accounting wat nie meer bestaan nie
  • AttAcc 
  • ProkRek voorheen gratis voorsien aan Tukkies studente
Op hierdie stadium (Maart 2018) is dit onduidelik of LawPlan* nog ondersteun word.

Die risiko van sagteware wat so oud is, of wat nie meer ondersteun word nie is dat die prokureursfirma sit met 'n produk waaruit die bestaande data nie getrek kan word nie, en dat toekomstige gebruik daarvan doelloos word.

Indien die produk self nie meer aan die gestelde vereistes voldoen nie, kan dit tog nie produktief gebruik word nie.
Soms gebeur dit dat so 'n stukkende stelsel in gebruik gehou word, met 'n aanvullende handstelsel om die leemtes te vul.  So 'n situasie is uiters riskant en onbevredigend.  Met twee stelsels sal daar altyd die risiko bestaan van verskille tussen die stelsels en is daar nooit enige sekerheid nie.

Die Toekoms
Die enigste lewensvatbare oplossing is om aan te skuif na 'n ander produk met beter toekomsvooruitsigte en wat funksioneel voldoen aan die praktyk se behoeftes.

Daar is talle gevestigde sagteware produkte in ons mark.

Die keuse behoort gemaak te word na oorweging van die praktyk se behoeftes en wat onder andere insluit, maar nie beperk is nie tot
  • toekomsvooruitsigte
  • spesialis areas (Litigasie, Aktes, Skuldinvordering)
  • aantal transaksies
  • aantal personeel
  • koste
Indien eie verslae of funksies in die produk benodig word (custom development) is dit om vooraf uitsluitsel te kry oor die moontlikheid en koste daaraan verbonde.


Ons werk op verskeie sagteware produkte.  Ons kan ook adviseer op die keuse van sagteware vir nuwe en bestaande praktyke.

Ons kan u bystaan om die dinamiek van u praktyk baas te raak.

Waar daar 'n bestaande produk is wat nou uitfaseer, kan ons ook adviseer op 'n geskikte plaasvervanger en ons lewer praktiese diens in die omskakeling van daardie ou inligting na die nuwe stelsel.

AdminFix

Enige inligting oor LawPlan sal waardeer word. ;)